Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 14:2-16 Bybel vir Almal (ABA)

2. ’n Mens wat eerlik lewe,respekteer en dien die Here,maar ’n mens wat nie eerlik is nie,wys dat hy dink die Here is nie belangrik nie.

3. Wanneer ’n dwaas praat,dan wys hy hoe hoogmoedig hy is,en hy kry straf.Wanneer wyse mense praat, dan is hulle veilig.

4. As iemand nie beeste het nie,dan sal die koring in die krip nie opraak nie,maar as hy een sterk bees het,dan kan hy baie koring op die koringland hê.

5. ’n Getuie wat altyd die waarheid praat, lieg nie,maar ’n vals getuie hou aan om te lieg.

6. Iemand wat altyd spot, sal nie wysheid kry nie,ook nie wanneer hy dit soek nie.’n Verstandige mens leer maklik nuwe dinge.

7. Jy moet weggaan van ’n dwase mens,jy sal niks by hom leer nie.

8. ’n Slim mens wat wysheid het, weet hoe om te lewe,dwase bedrieg hulleself omdat hulle dwaas is.

9. ’n Mens wat baie dwaas is, spotwanneer hy ’n skuld-offer moet bring,maar eerlike mense wil hê dat Godhulle offers moet aanvaar.

10. ’n Mens self weet hoe ongelukkig hy is, net hy weet dit,en niemand anders kan regtig weet hoe bly hy is nie.

11. Die huisgesinne van mense wat verkeerd doen, sterf gou,maar dit gaan goed met die huisgesinne van eerlike mense.

12. Iemand kan dink dat hy reg lewe,maar die manier hoe hy lewe, bring hom by die dood.

13. ’n Mens kan lag, ook wanneer hy hartseer is,maar hy kan ook eers bly wees en dan later huil en treur.

14. Iemand wat verkeerd lewe,sal die straf kry wat hy moet kry,maar ’n goeie mens sal meer kry as wat hy moet kry.

15. Mense wat baie min weet, glo enige iets,’n slim mens dink goed voordat hy iets doen.

16. ’n Wyse mens is bang vir die dinge wat kan gebeur,en hy doen niks wat dit sleg sal laat gaan met hom nie.’n Dwaas dink nie wat hy doen nie,hy dink hy sal altyd veilig wees.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 14