Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11:9-20 Bybel vir Almal (ABA)

9. ’n Mens wat nie die Here dien nie,praat sleg oor ander mense,hy wil hulle laat sterf,maar mense wat reg doen,weet hoe hulle moet lewe,en hulle hou aan om te lewe.

10. Die mense in ’n stad is blywanneer dit goed gaan met die mense wat reg doen,en hulle juig wanneer die mense sterf wat verkeerd doen.

11. Dit gaan goed in ’n stad wanneer die Heredie mense seën wat reg lewe,maar wanneer mense verkeerd doen,dan gaan dit sleg in ’n stad.

12. Dit is ’n onverstandige mens wat sêdat ’n ander mens nie belangrik is nie,’n verstandige mens sê niks.

13. Iemand wat skinder, sê dingewat ander mense nie moet weet nie,iemand vir wie jy kan glo, praat nie oor die dingewaaroor ’n mens moet stilbly nie.

14. ’n Volk sal ’n oorlog verloor wanneer mensenie goed dink voordat hulle die oorlog begin nie,maar wanneer daar baie raadgewers is,dan sal hulle wen.

15. Dit sal sleg gaan met ’n persoonwat borg staan vir iemand,’n persoon wat nie wil borg staan nie, is veilig.

16. ’n Goeie vrou lewe só dat mense haar respekteer.Mense wat altyd wil seermaak en doodmaak,lewe net om ryk te word.

17. ’n Persoon wat doen wat hy belowe,kry sy beloning,’n wrede mens laat homself swaarkry.

18. Die beloning van die mens wat verkeerd doen,beteken niks.Iemand wat aanhou om reg te doen,sal waarlik beloon word.

19. ’n Mens wat aanhou om reg te doen,sal aanhou lewe.’n Mens wat graag verkeerd doen, sal sterf.

20. Die Here haat skelm mense,maar Hy hou van mense wat reg lewe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 11