Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11:23-31 Bybel vir Almal (ABA)

23. Mense wat reg lewe, wil hêdat dit goed moet gaan,mense wat verkeerd doen, moet weetdat die Here hulle sal straf.

24. Daar is mense wat hulle goedvir ander mense uitdeel,maar hulle kry altyd meer goed,daar is ook mense wat nie graag vir ander menseiets doen nie, húlle word self arm.

25. Wanneer iemand dit goed laat gaanmet ander mense,dan gaan dit goed met hom.As hy vir ander mense water gegee hettoe hulle dors was,dan sal hy ook water krywanneer hy dors is.

26. Wanneer iemand koring hetmaar hy wil dit nie verkoop nie,dan sal mense hom vervloek,wanneer iemand van sy koring wil verkoop,dan sal mense hom seën.

27. Wanneer iemand goed wil doen,dan sal mense goed wees vir hom,wanneer iemand slegte dinge wil doen,dan sal slegte dinge met hom gebeur.

28. Iemand wat dink dat dit hom sal helpas hy ryk is, sal sterf,maar dit sal baie goed gaanmet mense wat reg lewe.

29. Wanneer iemand slegte dingemet sy huisgesin laat gebeur,dan sal hy later alles verloor.’n Onverstandige mens word die slaafvan ’n wyse mens.

30. Iemand wat reg lewe, laat ander mense waarlik lewe,’n wyse mens sal lank lewe.

31. Mense wat reg doen, kry op die aarde alleswat hulle moet kry,mense wat verkeerd doen en wat sondaars is,sal ook alles kry wat hulle moet kry,hulle sal straf kry.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 11