Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11:19-25 Bybel vir Almal (ABA)

19. ’n Mens wat aanhou om reg te doen,sal aanhou lewe.’n Mens wat graag verkeerd doen, sal sterf.

20. Die Here haat skelm mense,maar Hy hou van mense wat reg lewe.

21. Jy kan dit weet, dit is seker,’n slegte mens sal sy straf kry,maar die nageslag van mense wat reg doen,sal vry wegkom.

22. ’n Mooi vrou wat nie verstandig kan besluit nie,is soos ’n goue ring aan ’n vark se neus.

23. Mense wat reg lewe, wil hêdat dit goed moet gaan,mense wat verkeerd doen, moet weetdat die Here hulle sal straf.

24. Daar is mense wat hulle goedvir ander mense uitdeel,maar hulle kry altyd meer goed,daar is ook mense wat nie graag vir ander menseiets doen nie, húlle word self arm.

25. Wanneer iemand dit goed laat gaanmet ander mense,dan gaan dit goed met hom.As hy vir ander mense water gegee hettoe hulle dors was,dan sal hy ook water krywanneer hy dors is.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 11