Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 11:10-24 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die mense in ’n stad is blywanneer dit goed gaan met die mense wat reg doen,en hulle juig wanneer die mense sterf wat verkeerd doen.

11. Dit gaan goed in ’n stad wanneer die Heredie mense seën wat reg lewe,maar wanneer mense verkeerd doen,dan gaan dit sleg in ’n stad.

12. Dit is ’n onverstandige mens wat sêdat ’n ander mens nie belangrik is nie,’n verstandige mens sê niks.

13. Iemand wat skinder, sê dingewat ander mense nie moet weet nie,iemand vir wie jy kan glo, praat nie oor die dingewaaroor ’n mens moet stilbly nie.

14. ’n Volk sal ’n oorlog verloor wanneer mensenie goed dink voordat hulle die oorlog begin nie,maar wanneer daar baie raadgewers is,dan sal hulle wen.

15. Dit sal sleg gaan met ’n persoonwat borg staan vir iemand,’n persoon wat nie wil borg staan nie, is veilig.

16. ’n Goeie vrou lewe só dat mense haar respekteer.Mense wat altyd wil seermaak en doodmaak,lewe net om ryk te word.

17. ’n Persoon wat doen wat hy belowe,kry sy beloning,’n wrede mens laat homself swaarkry.

18. Die beloning van die mens wat verkeerd doen,beteken niks.Iemand wat aanhou om reg te doen,sal waarlik beloon word.

19. ’n Mens wat aanhou om reg te doen,sal aanhou lewe.’n Mens wat graag verkeerd doen, sal sterf.

20. Die Here haat skelm mense,maar Hy hou van mense wat reg lewe.

21. Jy kan dit weet, dit is seker,’n slegte mens sal sy straf kry,maar die nageslag van mense wat reg doen,sal vry wegkom.

22. ’n Mooi vrou wat nie verstandig kan besluit nie,is soos ’n goue ring aan ’n vark se neus.

23. Mense wat reg lewe, wil hêdat dit goed moet gaan,mense wat verkeerd doen, moet weetdat die Here hulle sal straf.

24. Daar is mense wat hulle goedvir ander mense uitdeel,maar hulle kry altyd meer goed,daar is ook mense wat nie graag vir ander menseiets doen nie, húlle word self arm.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 11