Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 1:4-14 Bybel vir Almal (ABA)

4. Spreuke maak jong mense wat baie min weet, verstandig, sodat hulle sal weet wat die regte dinge is om te doen.

5. Wyse mense moet ook luister na die spreuke, sodat hulle nog meer sal weet. Verstandige mense moet leer,

6. sodat hulle die spreuke en die slim dinge wat wyse mense sê, sal verstaan.

7. Jy moet gehoorsaam wees aan die Here en jy moet Hom respekteer. As jy dit doen, dan is jy regtig slim. Dit is dwase wat dink dit is nie belangrik om wysheid te hê en om te leer nie.

8. My kind, jy moet luister na wat jou pa en jou ma vir jou wil leer, jy moenie vergeet wat hulle vir jou leer nie.

9. As jy dit nie vergeet nie, dan sal jy ’n mooi lewe hê.

10. My kind, wanneer sondaars jou verkeerd wil laat doen, dan moet jy nie luister na hulle nie.

11. Hulle sal miskien vir jou sê: “Kom saam met ons, dan wag ons totdat iemand verbykom, en dan maak ons hom dood, dit maak nie saak of hy niks verkeerd gedoen het aan ons nie.

12. Hy is nog lewendig en gesond wanneer ons hom vang, maar ons sal hom laat sterf en laat afgaan na die doderyk, na die graf.

13. Dan sal ons baie kosbare goed kry en ons sal ons huise volmaak met die goed wat ons vat.

14. Jy sal een van ons wees en ons sal almal kry van die goed wat ons vat.”

Lees volledige hoofstuk Spreuke 1