Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 1:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Spreuke van Salomo seun van Dawid, koning van Israel.

2. Spreuke leer vir jou wysheid. Dit leer vir jou om te weet wanneer mense verstandige dinge sê,

3. en dit leer vir jou om te luister wanneer iemand vir jou die regte dinge leer oor wat goed en reg en regverdig is.

4. Spreuke maak jong mense wat baie min weet, verstandig, sodat hulle sal weet wat die regte dinge is om te doen.

5. Wyse mense moet ook luister na die spreuke, sodat hulle nog meer sal weet. Verstandige mense moet leer,

6. sodat hulle die spreuke en die slim dinge wat wyse mense sê, sal verstaan.

7. Jy moet gehoorsaam wees aan die Here en jy moet Hom respekteer. As jy dit doen, dan is jy regtig slim. Dit is dwase wat dink dit is nie belangrik om wysheid te hê en om te leer nie.

8. My kind, jy moet luister na wat jou pa en jou ma vir jou wil leer, jy moenie vergeet wat hulle vir jou leer nie.

9. As jy dit nie vergeet nie, dan sal jy ’n mooi lewe hê.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 1