Ou Testament

Nuwe Testament

Sefanja 3:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. Ek sal die mensetussen julle wegvatwat dink hulle is baie belangrik.Daar sal nie meer hoogmoedige menseop my gewyde berg wees nie.Dan sal julle nie meerskaam wees oor alleswat julle teen My gedoen het nie.

12. ’n Nederige en eenvoudige volksal in Jerusalem oorblyen hulle sal veilig voel by My.

13. Die Israeliete wat nog lewe,sal nie verkeerd doen nieen hulle sal nie lieg nie.Dit sal goed gaan met hulle,soos met skape en bokkewat genoeg eeten dan gaan lê en rus,en niemand maak hulle skrik nie.”

14. Israeliete, julle watin Jerusalem woon,julle moet juig en bly wees,

15. want die Here het besluitom julle nie te straf nie.Hy het julle vyande gestopen laat teruggaan.Die Koning van Israel,die Here, is by julle.Julle moenie meer bang wees nie.

16. Daardie dag sal hullevir die mense in Jerusalem sê:“Julle moenie bang wees nie,mense van Jerusalem,julle moenie moedeloos wees nie.

17. Julle God die Here is by julle.Hy is die Groot Soldaatwat julle sal red.Hy is bly en Hy juig oor julle.Hy is lief vir julleen Hy sing oor julle.”

Lees volledige hoofstuk Sefanja 3