Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 6:9-15 Bybel vir Almal (ABA)

9. Die Here het vir my gesê:

10. “Jy moet goud en silwer kry by Geldai en Tobija en Jedaja. Hulle het teruggekom uit die land Babel. Jy moet na die huis van Josia gaan. Josia is die seun van Sefanja. Hy het ook uit Babel teruggekom.

11. Jy moet die goud en silwer neem en jy moet ’n kroon maak. Dan moet jy die kroon sit op die kop van die hoëpriester Jesua seun van Josadak.

12. “Jy moet vir hom sê die Here wat oor alles regeer, sê: Daar sal ’n man kom, sy naam is Loot. Hy sal die leier word en hy sal die tempel van die Here bou.

13. Ja, dit is hy wat die tempel sal bou. Hy sal ’n belangrike man wees. Hy sal op die troon sit en hy sal regeer. Die priester sal saam met hom regeer, en hulle twee sal goed saamwerk.

14. Die kroon moet in die tempel bly, dan sal almal wat die kroon sien, dink aan Geldai, aan Tobija, aan Jedaja en aan die seun van Sefanja.

15. Mense sal van ver plekke kom en hulle sal help om die tempel te bou.”Wanneer dit gebeur, dan sal julle weet dat die Here vir my, Sagaria, gestuur het. Hy is die Here wat oor alles regeer. Maar dit sal net gebeur as julle goed luister na wat julle God die Here vir julle sê.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 6