Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 11:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Libanon-berg, maak oop jou deure, sodat die vuur kan inkom en jou sederbome kan afbrand.

2. Die sipresboom moet huil, want die sederboom het omgeval en die mooiste bome het afgebrand.

3. Die skaapwagters huil, want die mooi veld waar die skape wei, het afgebrand. Die leeus brul, want die bosse by die Jordaan-rivier het afgebrand.

4. My God die Here het gesê: “Jy moet die slagskape oppas.

5. Die mense wat die skape gekoop het, slag hulle en die mense is nie jammer daaroor nie. Die mense wat die skape verkoop, sê: ‘Prys die Here, ons word ryk.’ Die skaapwagters is ook nie jammer vir die skape nie.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 11