Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 1:9-12 Bybel vir Almal (ABA)

9. Daar was ’n engel by my. Hy moes vir my sê wat alles beteken. Ek het vir die engel gevra: “Meneer, hoekom is die mense en die perde hier?”Die engel het vir my gesê: “Ek sal vir jou wys hoekom hulle hier is.”

10. Die man wat tussen die mirtebome gestaan het, praat toe en sê: “Die Here het daardie mense gestuur. Hulle moet gaan kyk wat oral op die aarde gebeur.”

11. Die mense op die perde het gepraat met die Engel van die Here, die Man wat tussen die mirtebome gestaan het. Hulle het gesê: “Ons was oral op die aarde, en alles is stil en rustig op die aarde.”

12. Die Engel van die Here het toe gepraat en gesê: “Here, U wat oor alles regeer, U is 70 jaar lank kwaad vir die mense van Juda en Jerusalem. U moet asseblief weer goed wees vir hulle.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 1