Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 1:3-11 Bybel vir Almal (ABA)

3. Jy moet vir die mensevan Juda sê:Die Here wat oor alles regeer, sê:Julle moet terugkom na My toe,dan sal Ek na julle toe terugkom.

4. Julle moenie doenwat julle voorvadersgedoen het nie.Die profete wat daardie tydgelewe het,het julle voorvaders gewaarsku.Hulle het gesê die Herewat oor alles regeer, sê:Julle moet ophouom verkeerd te leween verkeerd te doen.Maar julle voorvadershet nie geluister na My nie.

5. En waar is hulle nou?Hulle is dood.Ook profete lewe nie vir altyd nie.

6. Ek het vir die profete,my dienaars, gesê wat hullevir julle voorvaders moet sê,en dit het alles gebeur.Julle voorvaders het na My toeteruggekom en gesê:‘Die Here wat oor alles regeer,het gesê Hy sal ons strafomdat ons verkeerd leween verkeerd doen,en Hy hét ons gestraf.’ ”

7. Die Here het weer met die profeet Sagaria gepraat. Dit was in die tweede jaar nadat Darius koning geword het, op die 24ste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat. Sagaria was die seun van Berekja en Berekja was die seun van Iddo.

8. Dit was in die nag, en die Here het vir my, Sagaria, iets gewys. Daar was ’n man wat op ’n rooi perd gesit het. Hy was tussen mirtebome in ’n diep kloof in ’n berg. Agter hom was nog mense op rooi perde en bruin perde en wit perde.

9. Daar was ’n engel by my. Hy moes vir my sê wat alles beteken. Ek het vir die engel gevra: “Meneer, hoekom is die mense en die perde hier?”Die engel het vir my gesê: “Ek sal vir jou wys hoekom hulle hier is.”

10. Die man wat tussen die mirtebome gestaan het, praat toe en sê: “Die Here het daardie mense gestuur. Hulle moet gaan kyk wat oral op die aarde gebeur.”

11. Die mense op die perde het gepraat met die Engel van die Here, die Man wat tussen die mirtebome gestaan het. Hulle het gesê: “Ons was oral op die aarde, en alles is stil en rustig op die aarde.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 1