Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 1:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met die profeet Sagaria gepraat. Dit was in die tweede jaar nadat Darius koning geword het, in die agste maand. Sagaria was die seun van Berekja en Berekja was die seun van Iddo.

2. Die Here het gesê:“Ek was baie kwaadvir julle voorvaders.

3. Jy moet vir die mensevan Juda sê:Die Here wat oor alles regeer, sê:Julle moet terugkom na My toe,dan sal Ek na julle toe terugkom.

4. Julle moenie doenwat julle voorvadersgedoen het nie.Die profete wat daardie tydgelewe het,het julle voorvaders gewaarsku.Hulle het gesê die Herewat oor alles regeer, sê:Julle moet ophouom verkeerd te leween verkeerd te doen.Maar julle voorvadershet nie geluister na My nie.

5. En waar is hulle nou?Hulle is dood.Ook profete lewe nie vir altyd nie.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 1