Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 9:2-21 Bybel vir Almal (ABA)

2. “Praat asseblief met die belangrike manne van Sigem en sê vir hulle: ‘Wat is vir julle beter: dat Gideon se 70 seuns almal oor julle regeer of dat net een man oor julle regeer?’ En onthou ek is een van julle.”

3. Abimelek se ooms het dit alles vir die manne van Sigem gesê, en hulle het vir Abimelek gekies, want hulle het gesê: “Hy is een van ons.”

4. Die belangrike manne van Sigem het vir Abimelek 70 stukke silwer gegee uit die tempel van Baäl-Berit, en Abimelek het dit gebruik om mense te huur om hom te help. Dit was mense wat nie ander werk gehad het nie.

5. Abimelek het na sy pa se huis in Ofra gegaan en daar het hy sy broers, die 70 seuns van Gideon, vermoor, almal op een klip. Net Gideon se jongste seun Jotam het oorgebly, want hy het weggekruip.

6. Die manne van Sigem en almal van Bet-Millo het toe bymekaargekom en hulle het gegaan om vir Abimelek koning te maak onder die groot boom by die klip-paal van Sigem.

7. Iemand het dit vir Jotam vertel. Hy het toe bo-op die Gerisim-berg gaan staan en hy het hard geskree en gesê:“Manne van Sigem,julle moet hoor wat ek sê,dan sal God hoor wat julle sê.

8. Eendag wou die bomevir hulle ’n koning gaan salf.Hulle het vir die olyfboom gesê:‘Jy moet ons koning wees.’

9. Maar die olyfboomhet vir hulle gesê:‘Die mense gebruik my olieom gode en mense te eer.Moet ek ophou olie gee om oordie bome te regeer?Nee, ek wil nie.’

10. Toe sê die bomevir die vyeboom:‘Dan moet jy ons koningkom wees.’

11. Maar die vyeboomhet vir hulle gesê:‘Ek dra baie vrugte,en my vrugte is lekker soet.Moet ek ophou vrugte draom oor die bome te regeer?Nee, ek wil nie.’

12. Toe sê die bomevir die wingerdstok:‘Dan moet jy ons koningkom wees.’

13. Maar die wingerdstokhet vir hulle gesê:‘My wyn maak godeen mense bly.Moet ek ophou druiwe draom oor die bome te regeer?Nee, ek wil nie.’

14. Toe sê al die bomevir die doringbos:‘Dan moet jy ons koningkom wees.’

15. Die doringbos het virdie bome gesê:‘As julle regtig wil hêek moet julle koning wees,dan moet julle in my skaduweekom staan,en as julle dit nie doen nie,dan sal daar ’n vuur uitdie doringbos komen die vuur sal die sederbomevan die Libanon-bergverbrand.’

16. “En nou, manne van Sigem, julle het nie goed gedoen aan Gideon se familie nie. Julle het nie onthou wat hy vir julle gedoen het nie, julle was ontrou aan hom. Julle het vir Abimelek gekies en julle het hom koning gemaak.

17. My pa het oorlog gemaak sodat julle kan lewe. Hy was nie bang om te sterf nie. Hy het julle gered van die Midianiete.

18. Maar julle is vandag opstandig teen my pa se familie, en julle het sy 70 seuns vermoor, almal op een klip. Julle het Abimelek, die seun van my pa se slavin, julle koning gemaak omdat hy familie is van julle.

19. Julle was ontrou aan Gideon en sy familie. Nou moet julle en Abimelek gelukkig wees met mekaar.

20. As julle dit nie doen nie, dan sal Abimelek ’n vuur wees wat die manne van Sigem en Bet-Millo verbrand, en die manne van Sigem en Bet-Millo sal ’n vuur wees wat vir Abimelek verbrand.”

21. Jotam het toe weggehardloop en gevlug. Hy het in die stad Beër gaan woon, want hy was bang sy broer Abimelek maak hom dood.

Lees volledige hoofstuk Rigters 9