Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 21:13-17 Bybel vir Almal (ABA)

13. Toe stuur die Israeliete boodskappers na die Benjamin-mense by die Rimmon-rots en sê hulle kan terugkom.

14. Die Benjamin-mense het teruggegaan en die Israeliete het vir hulle die vroue gegee wat van Jabes-Gilead gekom het. Maar daar was nie genoeg vroue nie,

15. en die Israeliete was jammer oor die Benjamin-stam, want die Here het een stam weggevat uit die volk Israel.

16. Die leiers van die volksvergadering het vir mekaar gevra: “Wat kan ons doen sodat die Benjamin-mense wat oorgebly het, ook vroue kan kry? Want in die Benjamin-stam is daar nie vroue wat nog lewe nie.”

17. Hulle het gesê: “Die mense van Benjamin moet kinders kry, want daar mag nie ’n stam uit die volk Israel verdwyn nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 21