Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 2:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die Israeliete het die Here gedien terwyl Josua gelewe het en terwyl die leiers ná Josua gelewe het. Hierdie leiers was die mense wat gesien het watter groot dinge die Here vir die Israeliete gedoen het.

8. Maar Josua, seun van Nun en dienaar van die Here, het gesterf. Hy was 110 jaar oud.

9. Sy mense het hom begrawe op sy grond in Timnat-Geres, in die Efraim-berge, noord van Gaäs-berg.

10. En toe die mense wat saam met Josua gelewe het, ook gesterf het, het ’n nuwe geslag gekom wat nie die Here geken het nie en nie geweet het wat Hy alles vir die Israeliete gedoen het nie.

11. Die Israeliete het toe dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hulle het die Baäls gedien.

12. Hulle het opgehou om die Here te dien, die God van hulle voorvaders, die Here wat hulle uit Egipte gebring het. Hulle het ander gode gedien, gode van die volke rondom hulle. Hulle het voor daardie gode gebuig en hulle het die Here kwaad gemaak.

13. Ja, die Israeliete het opgehou om die Here te dien en hulle het die Baäls en Astartes gedien.

14. Die Here het baie kwaad geword. Hy het ander mense laat kom wat al die Israeliete se goed kom vat het. Hy het die Israeliete swakker laat word as al hulle vyande rondom hulle, en die Israeliete kon nie die vyande keer nie.

15. Oral waar die Israeliete gegaan het, het die Here dit sleg laat gaan met hulle. Hy het hulle gewaarsku dat Hy dit sal doen, en hulle het nou baie swaar gekry.

Lees volledige hoofstuk Rigters 2