Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 19:26-30 Bybel vir Almal (ABA)

26. Die vrou het die oggend tot by die huis gekom waar haar man was en sy het daar gaan lê tot dit lig word.

27. Toe haar man gereedmaak om verder te gaan, het hy die deur oopgemaak, en die vrou het daar voor die huis gelê, haar hande was onder teen die deur.

28. Hy het vir haar gesê: “Staan op, ons moet gaan.”Maar sy het nie geantwoord nie. Die man het haar op ’n donkie vasgemaak en gereedgemaak en teruggegaan huis toe.

29. Toe hy by die huis kom, het hy ’n mes gevat en hy het sy byvrou se liggaam in twaalf stukke gesny. Hy het die stukke deur die hele land Israel gestuur.

30. Elkeen wat ’n stuk van haar liggaam gesien het, het gesê: “So iets het nog nooit gebeur nie, van die tyd toe die Israeliete uit Egipte gekom het tot vandag toe. Niemand het so iets gesien nie. Ons moet iets doen, ons moet ’n plan maak, ons moet praat.”

Lees volledige hoofstuk Rigters 19