Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 10:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. Maar die Here het vir die Israeliete gesê: “Toe die Egiptenaars of die Amoriete julle verdruk het, of die Ammoniete of die Filistyne

12. of die mense van Sidon of die Amalekiete of die mense van Maon, toe het julle gevra Ek moet julle help en toe het Ek julle gered.

13. Maar julle het elke maal opgehou om My te dien en julle het ander gode gedien. Daarom wil Ek julle nie weer red nie.

14. Gaan bid tot die gode, julle het hulle gekies. Vra vir hulle om julle te red wanneer julle swaarkry.”

15. Die Israeliete het vir die Here gesê: “Ons het sonde gedoen. U kan met ons doen wat U wil doen, maar red ons asseblief vandag.”

16. Die Israeliete het toe die gode van ander volke weggegooi en die Israeliete het die Here gedien. Die Here was weer vir hulle jammer omdat hulle so swaar kry.

17. Die Ammoniete het hulle manne bymekaargeroep en hulle het in Gilead hulle tente opgeslaan. Die Israeliete het ook bymekaargekom en hulle tente opgeslaan in Mispa.

Lees volledige hoofstuk Rigters 10