Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 1:29-36 Bybel vir Almal (ABA)

29. Die Efraim-stam het ook nie die Kanaäniete oorwin en weggejaag wat in Geser gewoon het nie. Die Kanaäniete het aangehou om in Geser te woon tussen die mense van Efraim.

30. Die Sebulon-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat in Kitron en Nahalal gewoon het nie. Die Kanaäniete het aangehou om tussen die Sebulon-mense te woon, maar die Sebulon-mense het die Kanaäniete swaar laat werk.

31. Die Aser-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat gewoon het in die stede Akko, Sidon, Aglab, Aksib, Gelba, Afek en Regob nie.

32. Die Aser-mense het gewoon tussen die Kanaäniete in die land, want hulle het nie die Kanaäniete weggejaag nie.

33. Die Naftali-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat gewoon het in die stede Bet-Semes en Bet-Anat nie, maar die mense van Bet-Semes en Bet-Anat moes swaar werk vir die Naftali-mense.

34. Die Amoriete het die mense van die Dan-stam gekeer, en die Dan-mense kon nie in die valleie inkom nie. Daarom moes die Dan-mense in die berge woon.

35. Die Amoriete wou nie weggaan uit die stede Har-Geres, Ajalon en Saälbim nie. Maar die Josef-stamme het later sterk geword, en toe moes die Amoriete swaar werk vir die Josef-mense.

36. Die grens van die Amoriete se land het begin by Skerpioen-pas, by die rots, en van daar was die grens hoër teen die berg op.

Lees volledige hoofstuk Rigters 1