Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 81:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied oor die parskuip. Van Asaf.

2. Julle moet juig, julle moet skreevir die God wat ons beskerm,vir die God van Jakob.

3. Julle moet musiek maaken op tamboeryne slaan,julle moet mooi musiek maakmet liere en harpe.

4. Julle moet die ramshoring blaasop Nuwemaan-dag,en ook wanneer dit volmaan is,die dag wanneer ons feesvier.

5. Want dit is ’n wet vir die mense van Israel,die God van Jakob het dit besluit,

6. Hy het dit vir die nageslag van Josef gesêtoe hulle uit Egipte gekom het.Ek het ’n stem hoor praat wat ek nie ken nie.

7. Die stem het gesê:“Julle moes swaar goed dra,maar Ek het dit afgehaal van julle skouers,julle kon die mandjies neersit.

8. Julle het geskreetoe dit sleg gegaan het met julle,en Ek het julle gered.’n Donker wolk het My toegemaak,en Ek het gedoen wat julle gevra het. Ek het julle getoets by die Meriba-water. Sela

9. “My volk, julle moet luisterwanneer Ek julle waarsku.Ek wens Israel wil luister na My.

10. Julle moenie ander gode by julle hê nie,julle moenie buig vir die godevan ander volke nie.

11. Dit is Ek, julle God die Herewat vir julle uit die land Egipte gebring het.Ek sal vir julle alles geewat julle nodig het om te lewe.

12. “Maar my volk het nie geluister na My nie,Israel wou My nie hê nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 81