Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 76:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. ’n Psalm van Asaf. ’n Lied.

2. Die mense van Juda ken vir God,die mense van Israel ken Hom.

3. Jerusalem is God se woonplek, Sion is die plek waar Hy graag wil wees.

4. Daar het Hy die vyande se brandpyle gebreeken ook hulle skilde en swaarde.Daar het Hy die oorlog laat ophou. Sela

5. U het soos ’n koning teruggekomnadat U die vyande oorwin het op die berge.

6. U het alles gevatwat die dapper manne van die vyand gehad het,hulle het gesterf,hulle kon nie veg nie.

7. Toe die God van Jakob gepraat het,kon die soldate op perde en oorlogkarreniks doen nie.

8. U, o God, almal is bang vir U.Wanneer U kwaad is,dan kan niemand voor U staan nie.

9. Toe U uit die hemel praat en reg doen aan mense,het die mense op die aarde bang geword en stilgebly.

Lees volledige hoofstuk Psalms 76