Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:22-36 Bybel vir Almal (ABA)

22. Ja, God sal sy vyande se koppe stukkend slaan,die koppe van die mense wat aanhou sonde doen.

23. God het gesê: “Ek sal julle vyande laat terugkom,uit Basan of uit die diep plekke in die see,

24. sodat jy met jou voete in hulle bloed kan trap,en jou honde ook van die vyande se bloed kan kry.”

25. O God, almal sien hoe U en almal by Una die tempel gaan.Dit is my God, my Koning,wat na die tempel gaan.

26. Die mense wat sing, loop voor,die mense wat snaarmusiek maak, loop agter,en die meisies wat tamboeryne skud, loop in die middel.

27. Daar is ’n groot vergadering, almal prys God,die nageslag van Israel prys die Here.

28. Die leiers van Benjamin, die kleinste stam, is daar,hulle loop voor die ander leiers.Daarna kom die leiers van die Juda-stam,dit is baie baie mense.Daarna kom die leiers van die Sebulon-stamen die leiers van die Naftali-stam.

29-30. Leiers van Israel, julle God het vir julle krag gegee.Dit is die krag van God.O God, U het uit u tempel u krag gebruikom ons te red,U het dit gedoen vir Jerusalem.Konings sal presente bring vir U.

31. U moet hard raas met Egipte,daardie wilde dier tussen die riete,die volk wat sterker is as ander volke,soos bulle wat sterker is as kalwers,die volk wat trap op die stukke silwerwat ander volke vir hulle bring.U moet die volke na al die kante toe jaag,die volke wat lief is om oorlog te maak.

32. Hulle moet vir die Here presente bringuit Egipte,die mense van die land Kusmoet hulle hande uitsteeken tot God bid.

33. Mense van al die lande op die aarde,julle moet sing vir God,julle moet die Here prys, Sela

34. die Here wat deur die hemel ry,die hemel wat van die begin af daar is.Luister, Hy praat, Hy praat hard.

35. Julle moet sing oor die krag van God,Hy wat Koning oor Israel is,Hy wys sy krag oral, tot in die wolke.

36. O God, wanneer U uit u tempel kom, dan bewe ons.Ons sê: “Hy is die God van Israel, Hy gee vir ons krag,Hy maak die volk sterk.Ons prys God.”

Lees volledige hoofstuk Psalms 68