Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 55:7-22 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ek het gewens dat ek vlerke kan kry soos ’n duif,dan sal ek wegvlieg en op ’n ander plek gaan woon.

8. Ja, ek sal ver wegvlug en in die woestyn gaan bly. Sela

9. Ek sal gou gaan kyk waar ek kan wegkruipvir die stormwind, die wind wat my wil wegwaai.

10. Here, U moet my vyande deurmekaar maak,die een moenie weet wat die ander een sê nie.Want ek sien daar is mense in die stadwat altyd wil slaan en baklei.

11. Hulle hou aan, elke dag en nag,hulle loop op die muur om die stad,hulle doen slegte dinge aan die mense in die stad,hulle laat die mense swaarkry.

12. Alles in die stad is sleg.Hulle verdruk die mense en lieg vir hulleop die oop stuk grond by die poort.

13. Maar dit is nie my vyandewat my vals beskuldig nie.As dit my vyande was, dan sou ek dit verstaan het.Dit is nie die mense wat my altyd gehaat heten wat nou dink hulle is belangriker as ek nie.As dit húlle was, dan sou ek vir hulle weggekruip het.

14. Maar dit is jy, ’n man soos ek,jy wat altyd my vriend en my maat was.

15. Dit was altyd lekker om met jou te geselstoe ons tussen al die mense by die tempelrondgeloop het.

16. Ek bid dat my vyande skielik moet sterf,hulle moet nog lewe wanneer hulle afgaanna die doderyk.Hoekom?Want daar is net slegte dingein hulle huise en hulle harte.

17. Ekself sal roep en vra dat God my moet help,en ek weet dat die Here my sal red.

18. Ek kla en sug die hele dag lank,in die aand, in die oggend, in die middag,en die Here hoor wat ek vra.

19. Hy red my en Hy gee vir my vrede ná die oorlog,ook wanneer daar baie vyande teen my is.

20. God sal hoor en Hy sal hulle verneder,Hy wat Koning is van die begin af. SelaHy sal dit doen, want my vyande wil nie verander nie,hulle wil nie gehoorsaam wees aan Goden Hom dien nie.

21. Die man wat my maat was,het slegte dinge gedoen teen my,teen my wat sy vriend was,hy het sy ooreenkoms met my gebreek.

22. Hy het mooi dinge gesê,sy tong was so glad soos botter,maar daar was oorlog in sy hart.Sy woorde was sagter as olyf-olie,maar hulle was soos swaardewat wil seermaak.

Lees volledige hoofstuk Psalms 55