Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 55:4-18 Bybel vir Almal (ABA)

4. wanneer ek hoor wat my vyande sê,wanneer die mense wat verkeerd doen,my wil laat swaarkry.Want hulle beskuldig my vals,hulle is kwaad en hulle haat my.

5. My hart klop baie vinnig,ek is bang dat ek sal sterf.

6. Ek het bang geword, baie bang,my hele liggaam bewe.

7. Ek het gewens dat ek vlerke kan kry soos ’n duif,dan sal ek wegvlieg en op ’n ander plek gaan woon.

8. Ja, ek sal ver wegvlug en in die woestyn gaan bly. Sela

9. Ek sal gou gaan kyk waar ek kan wegkruipvir die stormwind, die wind wat my wil wegwaai.

10. Here, U moet my vyande deurmekaar maak,die een moenie weet wat die ander een sê nie.Want ek sien daar is mense in die stadwat altyd wil slaan en baklei.

11. Hulle hou aan, elke dag en nag,hulle loop op die muur om die stad,hulle doen slegte dinge aan die mense in die stad,hulle laat die mense swaarkry.

12. Alles in die stad is sleg.Hulle verdruk die mense en lieg vir hulleop die oop stuk grond by die poort.

13. Maar dit is nie my vyandewat my vals beskuldig nie.As dit my vyande was, dan sou ek dit verstaan het.Dit is nie die mense wat my altyd gehaat heten wat nou dink hulle is belangriker as ek nie.As dit húlle was, dan sou ek vir hulle weggekruip het.

14. Maar dit is jy, ’n man soos ek,jy wat altyd my vriend en my maat was.

15. Dit was altyd lekker om met jou te geselstoe ons tussen al die mense by die tempelrondgeloop het.

16. Ek bid dat my vyande skielik moet sterf,hulle moet nog lewe wanneer hulle afgaanna die doderyk.Hoekom?Want daar is net slegte dingein hulle huise en hulle harte.

17. Ekself sal roep en vra dat God my moet help,en ek weet dat die Here my sal red.

18. Ek kla en sug die hele dag lank,in die aand, in die oggend, in die middag,en die Here hoor wat ek vra.

Lees volledige hoofstuk Psalms 55