Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 5:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Met fluitmusiek. ’n Psalm van Dawid.

2. Here, U moet luister na wat ek sê,U moet hoor hoe ek kla en sug.

3. My Koning en my God,U moet hoor wanneer ek vra dat U my moet help,want dit is tot U wat ek bid.

4. Here, wanneer ek in die oggend bid,dan sal U hoor.Ek kom staan voor U in die oggenden ek wag dat U my moet help,

5. want U is ’n Godwat nie hou van verkeerde dinge nie.Slegte dinge gebeur nie by U nie.

6. Hoogmoedige mense kan nie naby U kom nie,U haat almal wat slegte dinge doen.

7. U laat die mense sterf wat leuens vertel,U haat mense wat ander mensevermoor of bedrieg.

Lees volledige hoofstuk Psalms 5