Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 5:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Met fluitmusiek. ’n Psalm van Dawid.

2. Here, U moet luister na wat ek sê,U moet hoor hoe ek kla en sug.

3. My Koning en my God,U moet hoor wanneer ek vra dat U my moet help,want dit is tot U wat ek bid.

4. Here, wanneer ek in die oggend bid,dan sal U hoor.Ek kom staan voor U in die oggenden ek wag dat U my moet help,

5. want U is ’n Godwat nie hou van verkeerde dinge nie.Slegte dinge gebeur nie by U nie.

6. Hoogmoedige mense kan nie naby U kom nie,U haat almal wat slegte dinge doen.

7. U laat die mense sterf wat leuens vertel,U haat mense wat ander mensevermoor of bedrieg.

8. Maar ek mag in u tempel kom,want U is baie genadig.Ek sal by u gewyde tempel laag voor U buigom U te eer.

9. Here, ek het vyande.Daarom vra ek dat U my moet leien vir my moet leer wat reg is,U moet vir my wys hoe ek moet lewe.

10. Ek vra dit, want hierdie mensepraat nie die waarheid nie.Hulle dink net oor hoe hulle my kan laat sterf,hulle sê verkeerde dinge oor my,hulle wil my in my graf bring.En wanneer hulle mooi dinge sê,dan is hulle vals.

11. O God, U moet hulle straf.Die planne wat hulle maak, moet hulle self laat sterf.U moet hulle wegjaag na al die kante toe,want hulle doen baie sonde,hulle is opstandig teen U.

Lees volledige hoofstuk Psalms 5