Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 40:5-18 Bybel vir Almal (ABA)

5. Dit gaan goed met ’n mens wat glodat die Here hom sal help,’n mens wat nie vradat afgode hom moet help nie,dinge wat nie gode is nie.

6. U, my God die Here,U het baie wonderwerke gedoenen U het baie dinge oor ons besluit.Niemand is soos U nie.As ek wil vertel wat U gedoen heten daaroor wil praat,dan is alles te veel om te tel.

7. U wil nie offers en presente hê nie,U wil hê dat ek moet luister na wat U sê.U het nie gevra dat ons brand-offersen sonde-offers moet bring nie.

8. Daarom het ek gesê: “Hier is ek!Die boek met u wette sê dat ek dit moet doen.”

9. My God, ek hou daarvan om te doen wat U wil hê.Ek dink altyd aan wat in u wette geskryf is.

10. U het my gered,en ek het hierdie goeie nuus in die groot vergadering vertel.U moet luister, ek het nie stilgebly nie.Here, U weet dit self.

11. Ek het nie stilgebly nie, ek het vertel dat U red,ek het gesê dat U doen wat U sê, U help.Ek het vir die groot volksvergadering gesêdat U doen wat U belowe heten altyd dieselfde is.Ek het nie stilgebly nie.

12. U, Here, U moenie ophouom jammer te wees vir my nie,U moet altyd doen wat U belowe het,U moet dieselfde bly,dan sal ek veilig wees.

13. Baie slegte dinge het met my gebeur,dit is te veel om te tel.My sondes is meer as die hare op my kopen U straf my nou daaroor.Ek kan nie meer sien nie,ek kan nie verder gaan nie.

14. Here, U moet my asseblief red!Here, U moet my gou kom help!

15. Die mense wat wil hê dat ek moet sterf,moenie wen nie, hulle moet verloor.Die mense wat wil hêdat dit sleg moet gaan met my,moet weggaan,hulle moet weet dat hulle niks sal regkry nie.

16. Die mense wat vir my spot en hulle tong uitsteek,moet groot skrik omdat U hulle so verneder.

17. Almal wat vir U wil kom dien,moet vrolik en bly wees,die mense wat wil hê dat U hulle moet help,moet aanhou sê: “Die Here is groot!”

18. En ek?Ek kan myself nie help nie,ek het niks,dit is my Here wat vir my sorg.Dit is U wat my sal help en my vry sal maak.My God, U moenie wag nie, U moet gou kom!

Lees volledige hoofstuk Psalms 40