Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31:14-25 Bybel vir Almal (ABA)

14. Maar ek hoor baie mense fluister en sê:“Ons moet hom van al die kante aanval.”Hulle maak saam planne teen my,hulle wil my doodmaak.

15. Maar ek?Here, ek glo in U.Ek sê: U is my God.

16. Dit is U wat besluit wat elke dag met my moet gebeur,U moet my red van my vyande,die mense wat my volg en jaag.

17. U moet naby my wees,naby my, ek is u dienaar,U moet my red, U het dit belowe.

18. Here, U moenie my laat verloor teen my vyande nie,ja, ek bid tot U, U moet die mense laat verloorwat verkeerd doen,U moet hulle stilmaak en na die doderyk stuur.

19. U moet die mense stilmaak wat leuens vertel,die mense wat hoogmoedig is en spogen wat dink hulle is beter as die mense wat reg doen.

20. U is altyd baie goed vir mense wat vir U dien.Al die mense kan sien U doen goed aan mensewat vra dat U hulle moet beskerm.

21. Wanneer mense planne maakteen die mense wat vir U dien,dan steek U hulle veilig weg by U,U beskerm hulle wanneer mense hulle beskuldig.

22. Ek prys die Here,want Hy het ’n wonderwerk gedoen.Toe mense my van al die kante aangeval het,het Hy gedoen wat Hy belowe het.

23. En ek?Toe ek so bang was,het ek gedink hulle sal my wegvat van U,maar U het geluister toe ek gesoebat heten gevra het dat U my moet help.

24. Julle moet lief wees vir die Here,julle almal wat in Hom glo.Die Here beskerm die mense wat glodat Hy hulle sal help,maar Hy straf hoogmoedige mense baie swaar.

25. Almal wat glo dat die Here hulle sal help,moet sterk en dapper wees.

Lees volledige hoofstuk Psalms 31