Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31:12-20 Bybel vir Almal (ABA)

12. My bure spot my omdat so baie mense téén my is.Mense wat my ken, skrik vir my,mense wat my op die straat sien, vlug weg van my.

13. Ek het geword soos ’n mens wat gesterf het,ek het geword soos ’n weggooi-ding,mense het my vergeet.

14. Maar ek hoor baie mense fluister en sê:“Ons moet hom van al die kante aanval.”Hulle maak saam planne teen my,hulle wil my doodmaak.

15. Maar ek?Here, ek glo in U.Ek sê: U is my God.

16. Dit is U wat besluit wat elke dag met my moet gebeur,U moet my red van my vyande,die mense wat my volg en jaag.

17. U moet naby my wees,naby my, ek is u dienaar,U moet my red, U het dit belowe.

18. Here, U moenie my laat verloor teen my vyande nie,ja, ek bid tot U, U moet die mense laat verloorwat verkeerd doen,U moet hulle stilmaak en na die doderyk stuur.

19. U moet die mense stilmaak wat leuens vertel,die mense wat hoogmoedig is en spogen wat dink hulle is beter as die mense wat reg doen.

20. U is altyd baie goed vir mense wat vir U dien.Al die mense kan sien U doen goed aan mensewat vra dat U hulle moet beskerm.

Lees volledige hoofstuk Psalms 31