Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 19:5-15 Bybel vir Almal (ABA)

5. Maar oral weet die mense wat die hemel sê,mense van die hele wêreld verstaan hierdie taal.God het vir die son ’n plek gegee in die lug,

6. en wanneer die son opkom en soos ’n soldaatvrolik op sy pad begin loop,dan is hy soos ’n bruidegomwat uit sy slaapkamer kom.

7. Die son kom ver in die ooste open gaan ver in die weste onder,en niemand kan wegkruip vir hom nie,hy laat almal warm kry.

8. Wat die Here wil hê ’n mens moet doen,is beter as alles,dit laat ’n mens lewe.Wat die Here sê, kan ’n mens glo,dit gee wysheid vir jongmense.

9. Wat die Here beveel, is reg,dit maak ’n mens bly.Wat die Here sê ’n mens moet doen, is regverdig,dit laat ’n mens weet hoe hy moet lewe.

10. Die gebooie van die Here is reg,dit sal altyd waar wees.Wat die Here besluit, is soos dit moet wees,dit is altyd regverdig.

11. Alles wat die Here sê, is beter as goud,beter as baie goud,dit is soeter as heuning, soeter as vars heuning.

12. En ook, dit leer vir my wat ek moet weet,en wanneer ek doen wat die Here sê,dan gee Hy vir my baie goeie dinge.

13. Niemand weet self wat hy alles verkeerd doen nie.Here, U moet my vergewewanneer ek verkeerde dinge doenen nie weet dat dit verkeerd is nie.

14. En U moet ook keer dat ek nie sonde doenwanneer ek weet dit is verkeerd nie,U moenie dat die sondes oor my regeer nie.Dan sal ek nie skuldig wees nieen nie teen U opstandig wees nie.

15. Here, U is my Rots wat my vrymaak,Ek bid dat U tevrede sal weesmet wat ek sê en wat ek dink.

Lees volledige hoofstuk Psalms 19