Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:36-51 Bybel vir Almal (ABA)

36. Die skild wat U vir my gee, red my lewe,U help my om regop te bly staan,U help my, en dit gaan goed met my.

37. U laat my vinnig hardloop, my voete gly nie.

38. Ek volg en jaag my vyande,ek kom tot by hulle, ek draai nie omvoordat hulle almal dood is nie.

39. Ek slaan hulle, en hulle val,hulle kan nie weer opstaan nie,hulle lê voor my voete.

40. U maak my sterk om oorlog te maak,U laat my vyande op hulle knieë staan voor my.

41. U laat hulle vlug, weg van my,en ek kan die mense wat my haat, vir altyd stilmaak.

42. Hulle skree en vra dat iemand hulle moet help,maar niemand red hulle nie,hulle roep na die Here, maar Hy antwoord hulle nie.

43. Ek slaan hulle fyn soos stofwat wegwaai in die wind,ek trap op hulle soos ek trap op die modder in die paaie.

44. U red my van my eie mensewat opstandig is teen my,U maak my die hoof van volke en U beskerm my.Mense wat ek nie geken het nie,doen nou wat ek sê.

45. Wanneer hulle hoor van my,dan luister hulle dadelik.Mense uit ander lande kom kruip voor my.

46. Hulle skrik en hulle kom uit hulle stede,die stede wat sterk mure het.

47. Die Here lewe!Ek wil my Rots prys.Ek sê die God wat my red,is belangriker as alles.

48. Hy is die God wat my help om mense te strafoor die dinge wat hulle aan my gedoen het.Hy laat volke voor my buig,

49. Hy red my van my vyande,Hy laat my staan hoog bo die mense wat teen my is,Hy red my wanneer wrede mense my wil seermaak.

50. Daarom, Here, ek sal U prys sodat die volke dit kan hoor,ek sal sing oor u Naam.

51. Die Here laat die koning wat aan Hom behoort,altyd wen teen sy vyande,Hy doen wat Hy vir sy gesalfde belowe het,vir Dawid en sy nageslag, vir altyd.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18