Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:32-43 Bybel vir Almal (ABA)

32. Die Here is die enigste God,net ons God is ’n rots.

33. Hy is die God wat my sterk maak vir die oorlog,Hy laat my veilig lewe.

34. Hy laat my so vas staan soos ’n ribbok,Hy laat my veilig staan op hoë plekke.

35. Hy leer vir my om oorlog te maak,Hy maak my arms sterksodat ek die snaar van ’n brons-boog styf kan trek.

36. Die skild wat U vir my gee, red my lewe,U help my om regop te bly staan,U help my, en dit gaan goed met my.

37. U laat my vinnig hardloop, my voete gly nie.

38. Ek volg en jaag my vyande,ek kom tot by hulle, ek draai nie omvoordat hulle almal dood is nie.

39. Ek slaan hulle, en hulle val,hulle kan nie weer opstaan nie,hulle lê voor my voete.

40. U maak my sterk om oorlog te maak,U laat my vyande op hulle knieë staan voor my.

41. U laat hulle vlug, weg van my,en ek kan die mense wat my haat, vir altyd stilmaak.

42. Hulle skree en vra dat iemand hulle moet help,maar niemand red hulle nie,hulle roep na die Here, maar Hy antwoord hulle nie.

43. Ek slaan hulle fyn soos stofwat wegwaai in die wind,ek trap op hulle soos ek trap op die modder in die paaie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18