Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:21-29 Bybel vir Almal (ABA)

21. Ek is onskuldig,en die Here gee vir my wat ek moet kry,ek het niks verkeerd gedoen nie,en die Here beloon my.

22. Ja, ek het gedoen wat die Here wil hê.Wanneer my God my oordeel,dan is ek nie skuldig nie.

23. Ek het onthou wat Hy gesê het ek moet doenen ek het gedoen wat Hy beveel het.

24. Ek het alles gedoen wat Hy gesê het,ek het aangehou om reg te doen.

25. Ek is onskuldig,my God het gesien ek doen niks verkeerd nie,en Hy het my beloon.

26. U doen wat U belowe hetvir die mense wat doen wat húlle belowe,U is altyd goed vir die mense wat net goed doen.

27. Wanneer mense rein is en by U mag wees,dan is U by hulle.Wanneer mense vals is,dan is U te slim vir hulle.

28. Ja, dit is U wat mense redwat hulleself nie kan beskerm nie,dit is U wat mense vernederwat dink hulle is belangrik.

29. Ja, Here, dit is U wat vir my lig gee,dit is U, my God, wat lig maakwanneer dit donker is om my.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18