Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Van Dawid, die dienaar van die Here. Hy het hierdie lied vir die Here gesing op die dag toe die Here hom gered het van sy vyande en van Saul.

2. Dawid het gesing:Here, ek is baie lief vir U, U maak my sterk.

3. Here, U is my Rots, my veilige plek in die berge,U maak my vry.My God, U is my rots, ek voel veilig by U,U is vir my soos ’n skild,U is sterk en U red my, U is vir my ’n veilige plek.

4. Here, ek wil U prys,want U het my gered van my vyande.

5. Die dood wou my vasbind met toue,waterstrome het oor my gespoelen wou my doodmaak.

6. Toue van die doderyk het my vasgebind, vangstrikke van die dood het my vasgevang.

7. Wanneer dit sleg gaan, dan skree ek: Here!Ek roep na my God, ek vra dat Hy my moet help.Hy hoor my stem in sy paleis,Hy hoor wanneer ek na Hom roepen vra Hy moet my help.

8. Die aarde het geskud en gebewe,die fondamente van die bergehet gebewe en geskud,want die Here was kwaad.

9. Rook het uit sy neus gekom,vuur het uit sy mond gebrand,kole vuur het uit Hom gekom.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18