Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 147:11-19 Bybel vir Almal (ABA)

11. maar Hy hou van mense wat Hom dien,mense wat glo dat Hy sal doenwat Hy belowe het.

12. Mense van Jerusalem,julle moet die Here prys,mense van Sion, julle moet julle God prys,

13. want Hy maak die sluitbalkevan julle poorte sterk,Hy seën julle wat in die stad woon.

14. Dit is Hy wat dit goed laat gaan in julle landen wat vir julle die beste koring gee om te eet,meer as genoeg.

15. Dit is Hy wat ’n boodskap na die aarde stuur,en sy boodskap kom vinnig daar.

16. Dit is Hy wat die sneeu gee, wit soos wol,Hy laat die ryp soos as op die grond lê.

17. Dit is Hy wat die hael laat val,fyn soos krummels.Niemand kan die koue keer wat Hy stuur nie.

18. Wanneer Hy dit sê,dan smelt die hael en die sneeu,wanneer Hy die wind laat waai,dan vloei die water.

19. Dit is Hy wat vir Jakob sy boodskap stuur,dit is Hy wat vir die mense van Israel sêwat sy wette en besluite is.

Lees volledige hoofstuk Psalms 147