Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 146:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle moet die Here prys!Ek wil die Here prys!

2. Ek wil die Here prys so lank soos ek lewe,ek wil vir my God sing so lank soos ek hier is.

3. Julle moenie dink dat belangrike mensejulle kan help nie,mense kan julle nie help nie.

4. Wanneer mense hulle asem uitblaas en sterf,dan gaan hulle terug na die grond,en dan verdwyn al hulle planne.

5. Dit gaan goed met mensevir wie die God van Jakob help,mense wat glo dat hulle God die Herehulle sal help.

6. Die Here het die hemel en die aarde gemaak,die see en alles wat daarin is.Die Here bly altyd dieselfde.

Lees volledige hoofstuk Psalms 146