Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 144:3-15 Bybel vir Almal (ABA)

3. Here, mense is nie belangrik nie.Hoekom kyk U na hulle?Hoekom dink U aan iemand wat net ’n mens is?

4. Mense is soos wind, hulle lewe gaan verbysoos ’n skaduwee wat verdwyn.

5. Here, U moet die hemel buig en U moet afkom,U moet aan die berge raak,sodat daar rook uit hulle kom.

6. U moet die weerlig laat blitsen U moet die vyande na al die kante toe jaag,U moet u pyle skieten U moet hulle laat vlug.

7. U moet u hand uitsteek uit die hemelen U moet my wegruk,U moet my red van die baie water,U moet my red van ander volke.

8. Hulle wil net een ding doen,en dit is om te lieg en te bedrieg.

9. O God, ek wil vir U ’n nuwe lied sing,ek wil vir U musiek maak met die harp.

10. Dit is U wat konings help om oorloë te wen,dit is U wat vir Dawid weggeruk hetvoor ’n wrede vyand.

11. U moet my ook wegruk,U moet my red van die ander volke.Hulle wil net een ding doen,en dit is om te lieg en te bedrieg.

12. Ons bid dat ons seuns sal wees soos plantewat groei en groot word terwyl hulle nog jonk is.Ons bid dat ons dogters sal weessoos die mooi pilareop die hoeke van die paleis.

13. Ons bid dat ons stoorkamers vol sal wees,dat daar baie soorte kos sal wees.Ons bid dat ons skape en ons bokke op ons veldduisende, tienduisende lammers sal hê,

14. en dat ons beeste baie kalwers sal hê.Ons bid dat vyande nie in ons stad sal komen die mense sal wegvat nie,ons bid dat ons nie op die oop stukke grondsal moet staan en huil nie.

15. Dit gaan goed met ’n volkwanneer dit so met hulle gaan.Dit gaan goed met die volk wie se God die Here is.

Lees volledige hoofstuk Psalms 144