Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:85-99 Bybel vir Almal (ABA)

85. Die hoogmoedige mense het gate gegrawesodat ek daarin moet val,húlle is die mense wat nie doenwat U vir ons geleer het nie.

86. Al u gebooie staan vas, dit verander nooit.Ek het niks verkeerd gedoen nie,maar mense volg my en jaag my.U moet my help.

87. Ek het gedoen wat U beveel het,maar hulle het my amper doodgemaak.

88. U moet my laat aanhou lewe, soos U belowe het,sodat ek kan doen wat U sê.

89. Here, die dinge wat U vir ons gesê het,is altyd waar,dit staan vas in die hemel, dit verander nooit.

90. U bly dieselfde vir elke geslag.U het die aarde gesit waar dit is,en dit is nog altyd daar.

91. Alles is vandag nog daar, soos U besluit het,want almal doen wat U sê.

92. Ek het geniet wat U vir ons leer.As dit nie so was nie,dan het ek gesterf, want ek kry swaar.

93. Ek sal nooit vergeet wat U beveel het nie,want U het my so laat lewe.

94. Ek behoort aan U, en U moet my red,want ek probeer om te doen wat U beveel.

95. Die mense wat verkeerd doen,is gereed om my dood te maak,maar ek dink net aan wat U gesê het.

96. Ek het gesien dat niks vir altyd aanhou nie,alles het ’n einde,maar u gebooie is oral en altyd daar.

97. Ek is baie lief vir die dinge wat U vir my leer,ek dink die hele dag daaroor.

98. U gebooie gee vir my wysheid,meer wysheid as wat my vyande het,want ek onthou altyd u gebooie.

99. Ek is verstandiger as almalwat vir my geleer het,want ek dink aan wat U gesê het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119