Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:122-137 Bybel vir Almal (ABA)

122. U moet vir my, u dienaar, belowedat U dit goed sal laat gaan met my.U moenie dat hoogmoedige mense my verdruk nie.

123. My oë is moeg, want ek hou aan om te kykwanneer U my sal red.Ek hou aan om te luister na wat U sê,want wat U sê, is reg.

124. U moet vir my, u dienaar, doen wat U belowe het,U moet vir my leer wat u wette sê.

125. Ek is u dienaar, U moet my verstandig maaksodat ek kan verstaan wat U sê.

126. Here, U moet nou iets doen aan die mensewat nie doen wat U vir ons geleer het nie.

127. Waarlik, ek is meer lief vir u gebooieas vir goud, ja, goeie goud.

128. Waarlik, ek probeer altyd om alles te doen wat U beveel,ek hou nie van iets wat vals is nie.

129. Wat U sê, is wonderlik,daarom doen ek wat U sê.

130. Wanneer mense verstaan wat U gesê het,dan is dit vir hulle soos ’n lig,dit wys vir jongmense wat hulle moet doen.

131. Ek is honger vir u gebooie,so honger soos ’n dier wat sy bek wyd oopmaakomdat hy honger is.

132. U moet luister en genadig wees vir my,soos U altyd doen vir die mensewat lief is vir u Naam.

133. U moet my help, sodat ek kan aanhouom te lewe soos U sê.U moenie dat sonde oor my regeer nie,nie een sonde nie.

134. U moet keer, mense moenie vir my verdruk nie,dan sal ek kan doen wat U beveel.

135. U moet naby my wees,naby my, u dienaar,en U moet vir my leer wat u wette sê.

136. My trane loop soos strome wateromdat mense nie doen wat U vir ons geleer het nie.

137. Here, U doen reg, U besluit reg.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119