Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 7:12-29 Bybel vir Almal (ABA)

12. want wysheid beskerm jou soos geld jou beskerm. Wanneer iemand weet hoe om te lewe, dan gee wysheid vir hom ’n lang lewe.

13. Jy moet goed kyk hoe God dinge gemaak het, want as Hy iets krom gemaak het, dan kan niemand dit reguit maak nie.

14. Wanneer dit goed gaan, dan moet jy dit geniet, en wanneer dit sleg gaan, dan moet jy onthou: God het die goeie én die slegte dinge laat gebeur, sodat ’n mens nie sal weet wat later sal gebeur nie.

15. My lewe beteken niks, maar ek het alles gesien. Ek het gesien dat ’n persoon reg lewe en dat hy sterf terwyl hy reg lewe, en ek het gesien dat iemand verkeerd doen, maar dat hy lank lewe terwyl hy slegte dinge doen.

16. Jy moenie probeer om te baie regverdig te wees nie en jy moenie te veel wys dat jy wysheid het nie. Jy sal kwaad en ontsteld word oor die dinge wat met jou gebeur.

17. Jy moenie aanhou om verkeerde dinge te doen nie en jy moenie aanhou om dwaas te wees nie, jy sal sterf voordat dit jou tyd is om te sterf.

18. Dit is goed om nie te probeer om te baie regverdig te wees nie en om nie aan te hou om verkeerde dinge te doen nie. Ja, wanneer jy vir God respekteer en Hom dien, dan sal jy weet wat om te doen.

19. Wysheid gee vir wyse mense meer krag as vir tien regeerders in die stad.

20. Niemand op die aarde is so regverdig dat hy net goed doen en nooit sonde doen nie.

21. Jy moenie luister na alles wat mense sê nie, dan sal jy nie hoor wanneer jou slaaf jou vervloek nie,

22. want jy weet dat jy self baie maal ander mense vervloek het.

23. Ek het wysheid gebruik en ek het al die dinge getoets. Ek het gesê ek wil wysheid hê, maar die wysheid het ver weg van my gebly.

24. Die wysheid is ver weg en baie diep, niemand kan dit kry nie.

25. Ek het hard probeer om te weet en te soek en te kyk of ek wysheid kan kry en of ek dinge kan ken. Ek wou weet of ’n mens ’n dwaas is wanneer hy verkeerd doen en of ’n mens mal is wanneer hy dwase dinge doen.

26. Ek het iets gekry wat meer bitter is as die dood: Dit is wanneer ’n vrou jou vang soos ’n mens ’n voël in ’n vangnet vang, en wanneer sy jou so vashou dat jy nie kan loskom nie. As God goed is vir jou, dan kan jy vry wegkom van haar. Maar ’n sondaar kan nie wegkom van haar nie.

27. Die Prediker sê: Luister wat het ek uitgevind. Ek het oor alles gedink en ek het probeer om dinge te verstaan.

28. Maar ek het nie gekry wat ek gesoek het nie. Ek het by 1 000 mense een goeie man gekry, maar ek het by hulle almal nie een goeie vrou gekry nie.

29. Maar ek het een ding uitgevind: Ek het uitgevind dat God die mense goed gemaak het, maar die mense het sleg geword en hulle het baie skelm planne probeer maak.

Lees volledige hoofstuk Prediker 7