Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4:12-17 Bybel vir Almal (ABA)

12. Iemand kan een persoon aanval en hom oorwin, maar hy kan nie twee persone oorwin nie. Dit is soos wanneer ’n mens drie toue neem en een dik tou daarvan maak, daardie tou sal nie maklik breek nie.

13. ’n Jongman wat arm is maar wat wysheid het, is beter as ’n koning wat oud is en wat ’n dwaas is en nie wil luister na sy raadgewers nie.

14. Ja, die jongman is miskien gebore toe die ou koning al regeer het, en sy ouers was miskien arm. Die jongman was miskien ’n gevangene, maar hy kan daar uitkom en miskien koning word.

15. Ek het gesien dat al die mense in hierdie wêreld kies om saam te gaan met die jongman wat koning geword het in die ou koning se plek.

16. Daar is altyd mense wat graag ’n nuwe koning wil dien, maar later hou hulle nie meer van hom nie. Ja, ook dít is nie soos dit moet wees nie, almal jaag wind.

17. Jy moet versigtig wees wanneer jy na die tempel gaan. Dit is beter om naby die tempel te wees en net te luister, beter as om te offer soos ’n dwaas offer, want dwase doen net verkeerd.

Lees volledige hoofstuk Prediker 4