Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het ook gesien dat daar in hierdie wêreld baie mense is wat ander mense laat swaarkry. Ek het gehoor hoe huil die mense wat verdruk word. Daar was niemand wat vir hulle gehelp het nie. Die mense wat hulle verdruk het, was sterk, en daar was niemand wat vir die mense gehelp het wat verdruk word nie.

2. Ek het toe gedink die mense wat klaar dood is, is gelukkiger as die mense wat nog lewe.

3. Maar wie is gelukkiger as hulle almal? Dit is die mense wat nog nie gebore is nie. Hulle is gelukkiger, want hulle het nie al die slegte dinge gesien wat mense in hierdie wêreld doen nie.

4. Ek het gesien mense werk hard en hulle wil slaag. Hoekom? Omdat hulle jaloers is op mekaar. Ook dít is nie soos dit moet wees nie, hulle jaag wind.

5. Dwase gebruik nie hulle hande nie en hulle werk nie. Hulle sterf van honger.

6. Dit is beter om partymaal te rus en ’n bietjie kos te hê as om altyd hard te werk en baie kos te kry. Dit is soos om wind te jaag.

Lees volledige hoofstuk Prediker 4