Ou Testament

Nuwe Testament

Obadja 1:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. Maar Ek sal julle afbring,ook wanneer julle soos ’n aasvoëlteen die hoogste berge gaan woon,of wanneer julle vir julle ’n stadtussen die sterre bou.

5. Wanneer diewe in die nagjulle goed kom steel,dan steel hulle totdat hulle genoeg heten dan hou hulle op.Wanneer ander mensejulle druiwe kom pluk,dan laat hulle party druiwetrosse oorbly.Maar die vyande sal niks van jullelaat oorbly nie.

6. Nageslag van Esau,die vyande sal alles soekwat julle weggesteek het,en hulle sal dit kry.

7. Hulle sal jullewegjaag uit julle land.Julle eie vriende het ’n ooreenkomsgemaak met julle,maar hulle sal vir jullewag langs die paden hulle sal julle aanval.Julle het vir hulle kos gegee,maar hulle sal julle aanvalop ’n plekwaar julle dit nie verwag nie.”

8. Die Here het ook gesê:“Die mense in die land Edom,in die Esau-berge,dink hulle is baie slim,maar daardie dag sal Ekhulle doodmaak.

9. Mense van die stad Teman,julle soldate sal te bang weesom te veg.Die vyande sal almalop die Esau-berge doodmaak.Julle het mense vermoor,

Lees volledige hoofstuk Obadja 1