Ou Testament

Nuwe Testament

Obadja 1:15-21 Bybel vir Almal (ABA)

15. Die dag wanneer die Hereal die ander volke sal straf,is nou naby.Dan sal ander mense met julle doenwat julle met die mensevan Juda gedoen het.Julle Edomiete sal voelhoe dit is wat julle gedoen het.”

16. “Die mense van Judamoes die beker van swaarkry drinkop my gewyde berg.So sal die ander volkedit ook moet aanhou drink.Hulle sal drink en drinken hulle sal verdwyn.

17. Maar op Sionsbergsal dit weer goed gaan.Dit sal weer ’n gewyde plek wees.Die nageslag van Jakobsal hulle eie land terugvat,die land wat aan hulle behoort het.

18. Die nageslag van Jakobsal wees soos ’n vuur,die nageslag van Josefsal wees soos vuurvlamme,en julle, die nageslag van Esau,sal wees soos kaf wat brand.Daar sal niks oorbly nie.

19. Die mense van Judasal die Suid-land,die Esau-berge,vir hulleself vat,en die Laeveldwaar die Filistyne woon,en ook die landwaar die Efraimiete gewoon heten waar die stad Samaria was.Die mense van die land Benjaminsal die land Gilead vir hulleself vat.

20. Die vyande het partyvan die Israeliete gevangen na ander lande gevat.Israeliete sal nou die land vatwaar die Kanaäniete woon,tot by die stad Sarfat.Die vyande het party mensevan Jerusalem gevangen na die stad Sefarad gevat.Daardie mense sal nou die stedein die Suid-land vir hulleself vat.

21. Die mense wat vir Sionsbergvrygemaak het,sal gaan om oor die Esau-bergete regeer,en die Here self sal die Koning wees.”

Lees volledige hoofstuk Obadja 1