Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 9:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met Moses gepraat in die Sinai-woestyn, in die eerste maand van die tweede jaar nadat die Israeliete uit die land Egipte gekom het. Die Here het gesê:

2. “Die Israeliete moet die Paasfees vier op die regte tyd.

3. Julle moet die fees vier op die veertiende dag van hierdie maand, wanneer dit begin donker word. Julle moet die fees vier soos Ek vir julle gesê het en soos Ek besluit het.”

4. Moses het vir die Israeliete gesê hulle moet die Paasfees vier,

5. en hulle het die fees in die Sinai-woestyn gevier in die eerste maand, op die veertiende dag, toe dit begin donker word. Hulle het dit gedoen soos die Here vir Moses gesê het.

6. Maar daar was mans wat onrein was omdat hulle aan ’n lyk geraak het. Hulle kon nie die Paasfees op daardie dag vier nie en hulle het dieselfde dag na Moses en Aäron toe gekom

7. en vir Moses gesê: “Ons is onrein omdat ons aan ’n lyk geraak het, maar hoekom kan ons nie op die regte tyd saam met die ander Israeliete vir die Here ’n offer bring nie?”

Lees volledige hoofstuk Numeri 9