Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 5:21-31 Bybel vir Almal (ABA)

21. dan sê ek nou hier voor die Here vir jou dat ek jou sal vervloek. Jy sal onvrugbaar word, en jou eie mense sal jou vervloek.

22. Hierdie water waarmee ek jou moet vervloek, sal in jou ingaan, en jy sal onvrugbaar word.“Dan moet die vrou sê: ‘Ja, as ek skuldig is, dan moet dit gebeur.’

23. “Dan moet die priester die woorde waarmee hy die vrou moet vervloek, op ’n stuk vel skryf, en hy moet die letters afwas in die bitter water.

24. Daarna moet hy sê die vrou moet die bitter water drink, die water waarmee hy haar moet vervloek. Die bitter water waarmee hy haar moet vervloek, moet in haar ingaan.

25. Dan moet die priester die koring-offer by die vrou neem, die offer van die man wat dink dat sy vrou ontrou was aan hom, en die priester moet die offer heen en weer beweeg voor die Here en hy moet dit na die altaar bring.

26. Die priester moet dan meel in sy hand neem, dit is die deel wat die Here moet kry, en hy moet die meel op die altaar verbrand. Daarna moet hy sê die vrou moet die water drink.

27. As die vrou haarself onrein gemaak het en ontrou was aan haar man, en die bitter water waarmee die priester haar moet vervloek, kom in haar, dan sal sy onvrugbaar word en haar eie mense sal haar vervloek.

28. Maar as die vrou haarself nie onrein gemaak het nie en sy is nog rein, dan sal die water niks aan haar doen nie, en sy sal weer kinders kan kry.

29. Dit is die wet vir wanneer ’n vrou ontrou is aan haar man en wanneer sy haarself onrein maak.

30. Dit is ook die wet vir wanneer ’n man net dínk dat sy vrou ontrou was aan hom. Die priester moet die vrou voor die Here laat staan en hy moet alles met haar doen wat die wet sê.

31. Die man sal onskuldig wees, maar die vrou sal die straf moet dra vir die sonde wat sy gedoen het.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 5