Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 34:15-29 Bybel vir Almal (ABA)

15. “Die twee en ’n halwe stamme het hulle grond gekry oos van die Jordaan-rivier, oorkant die stad Jerigo.”

16. Die Here het vir Moses gesê:

17. “Die manne wat die land moet verdeel, is die priester Eleasar en Josua seun van Nun,

18. en saam met hulle moet julle een leier neem uit elke stam, hulle moet die land verdeel.

19. Die leiers is:“Kaleb seun van Jefunnevir die Juda-stam,

20. Samuel seun van Ammihudvir Simeon,

21. Elidad seun van Kislonvir Benjamin,

22. Bukki seun van Jogli vir Dan,

23. vir die Josef-stammeGaniël seun van Efodvir Manasse,

24. en Kemuel seun van Siftanvir Efraim,

25. Elisafan seun van Parnakvir Sebulon,

26. Paltiël seun van Assanvir Issaskar,

27. Agihud seun van Selomivir Aser,

28. en Pedael seun van Ammihudvir Naftali.”

29. Die Here het hierdie manne gekies om die land Kanaän te verdeel vir die Israeliete.

Lees volledige hoofstuk Numeri 34