Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 34:10-22 Bybel vir Almal (ABA)

10. “Die oosgrens moet van Gasar-Enan met ’n reguit lyn gaan tot by Sefam,

11. dan tot by Ribla, oos van Ajin, en verder langs die strand oos van die see van Gennesaret,

12. en teen die Jordaan-rivier tot by die Sout-see.“Dit moet die grense van die land wees.”

13. Moses het vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle moet verdeel tussen nege en ’n halwe stamme, soos die Here gesê het.

14. Want die families van die Ruben-stam en die Gad-stam en die een helfte van die Manasse-stam het klaar hulle grond gekry.

15. “Die twee en ’n halwe stamme het hulle grond gekry oos van die Jordaan-rivier, oorkant die stad Jerigo.”

16. Die Here het vir Moses gesê:

17. “Die manne wat die land moet verdeel, is die priester Eleasar en Josua seun van Nun,

18. en saam met hulle moet julle een leier neem uit elke stam, hulle moet die land verdeel.

19. Die leiers is:“Kaleb seun van Jefunnevir die Juda-stam,

20. Samuel seun van Ammihudvir Simeon,

21. Elidad seun van Kislonvir Benjamin,

22. Bukki seun van Jogli vir Dan,

Lees volledige hoofstuk Numeri 34