Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 30:2-11 Bybel vir Almal (ABA)

2. “Wanneer iemand ’n gelofte aan die Here maak of hy belowe dat hy iets sal doen en hy sê die Here moet die getuie wees, dan mag hy nie sy gelofte breek nie. Hy moet alles doen wat hy belowe het.

3-4. “Wanneer ’n vrou nog jonk is en sy woon by haar ouers en sy maak ’n gelofte aan die Here, dan moet sy alles doen wat sy belowe het. Sy moet dit ook doen wanneer sy belowe om iets te doen en sy sê die Here moet die getuie wees, en haar pa hoor wat sy belowe het en hy sê niks.

5. Maar as haar pa hoor wat sy belowe, en hy sê dadelik vir haar sy mag nie doen wat sy belowe het nie, dan moet sy dit nie doen nie. As haar pa so gesê het, dan sal die Here haar vergewe.

6. “As ’n vrou getroud is en sy het ’n gelofte gemaak, of as sy iets belowe voordat sy goed gedink het,

7. en haar man hoor dit maar hy sê niks, dan moet sy doen wat sy belowe het.

8. Maar as haar man hoor wat sy belowe, en dadelik vir haar sê sy mag dit nie doen nie, dan stop hy die gelofte wat sy gemaak het en dan keer hy dat sy doen wat sy belowe het voordat sy goed gedink het. Die Here sal haar vergewe.

9. “Maar ’n weduwee of ’n geskeide vrou moet doen wat sy belowe het.

10. “Wanneer ’n getroude vrou ’n gelofte gemaak het of iets belowe het en gesê het die Here is die getuie,

11. en haar man hoor dit en hy bly stil en hy sê nie sy mag dit nie doen nie, dan moet sy alles doen wat sy belowe het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 30