Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:13-34 Bybel vir Almal (ABA)

Julle moet elke dag bulle, skaap-ramme en jaaroud ram-lammers gee. Dit moet gesonde diere wees. Dit moet ’n brand-offer wees, ’n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. Saam met die brand-offer moet julle ’n koring-offer gee van die beste meel wat julle met olyf-olie moet meng. Vir elke bul moet julle drie tiendes van ’n efa meel gee, vir elke skaap-ram twee tiendes van ’n efa meel en vir elke lam een tiende van ’n efa meel. Julle moet elke dag ook ’n bok-ram gee om ’n sonde-offer te wees. Julle moet hierdie offers gee saam met die brand-offer wat julle elke dag moet bring en die koring-offer en die drank-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring.“Op die eerste dag moet julle 13 bulle, twee skaap-ramme en 14 lammers gee, op die tweede dag twaalf bulle, twee ramme en 14 lammers, op die derde dag elf bulle, twee ramme en 14 lammers, op die vierde dag tien bulle, twee ramme en 14 lammers, op die vyfde dag nege bulle, twee ramme en 14 lammers, op die sesde dag ag bulle, twee ramme en 14 lammers, op die sewende dag sewe bulle, twee ramme en 14 lammers.

Lees volledige hoofstuk Numeri 29

Kyk Numeri 29:13-34 in konteks